Omgeenuus Brits Rusoord

June 23, 20261 min read

Brits


Brits Rusoord skryf: "Die Rusoord is vandag die tuiste van 79 mense: 50 inwoners in die tehuis en 29 in die woonstelle. Agter hierdie syfers staan ‘n span wat dinamies en gewillig is en wat elke uitdaging met ‘n goeie gesindheid die hoof bied.

Die pad is nie sonder uitdagings nie. Instandhouding bly ‘n voortdurende taak en die finansiële druk neem toe. Ons ervaar elke dag hoe die gemeenskap ons dra. Donasies stroom in van geldelike bydraes tot groente, vrugte, vleis, gebak en konfyt en ons bejaardes word gereeld bederf met besoeke en geskenkies van weldoeners.

vrug

Fondsinsamelings is weer in volle swang met vars en ingelegde produkte, sowel as inwoners se handwerk wat op markte verkoop word.

verk

inge

Daarby is ons in die bevoorregte posisie om staatsubsidie vir 20 inwoners te ontvang.

Die geestelike welstand van ons inwoners lê ons na aan die hart.

Weekliks stroom ons een van die plaaslike dienste in die sitkamer en predikante van omliggende gemeentes besoek ons gereeld. Vanjaar het ons ook die voorreg gehad om Pinksterdienste in die oggende vir ons gemeenskap aan te bied met die leraars van NG Kerk Krokodilrivier wat die preke gelewer het."

Back to Blog